jump to navigation

Mighty Men April 27, 2008

Posted by 555manne in Mighty Men.
trackback

Hoe het konferensiegangers die naweek beleef? Werner Geere van Theresapark, Pretoria, vertel:

 Wat die naweek in Greytown gebeur het, is ‘n teenvoeter vir alles wat negatief en beklaenswaardig was die laaste paar maande.

 Kom ek vertel julle van ‘n rigtinggewende naweek in Suid-Afrika se geskiedenis, want manne is besig om op te staan en gemeenskappe te verander omdat een “Scotsman” op sy knieë gegaan en begin doen het wat sy God vir hom gesê het.

 Toe ons bus Vrydag kort voor 07:00 uit Pretoria vertrek, was daar ‘n opgewondenheid oor wat die naweek voorlê.

 Ons bus is die een wat vyf keer gaan staan het op pad Greytown toe ? die einste bus waar jy nie ‘n gemurmureer en gekla gehoor het oor ons so stadig vorder nie.

 (Ons sou later verstaan dat die tyd wat ons langs die pad deurgebring het met herstelwerk, tyd was waarin God deur manne ‘n impak kon maak op een busbestuurder se lewe ? en ons was betyds vir die konferensie).

 In die kampterreine is gesê dat ondanks die ure lange gewag in die verkeer om op die plaas te kom, daar nie een voorval was waar ‘n man sy humeur verloor het nie.

 Toe ons teen 19:00 in die grootste tent ter wêreld sit en sien hoe die aankomende motors se ligte lang toue vorm uit verskillende rigtings oor die heuwels van KwaZulu-Natal, kon jy sien hoe manne se gemoed vol word van dankbaarheid oor die grootheid van God.

 ‘n Grootheid wat geopenbaar is daarin dat 60000 manne by die konferensie opgedaag het waar 30000 verwag is, dat almal elke ete geëet het, dat die geriewe voldoende was en jy nooit iemand hoor kla het nie.

‘n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat daar nie ‘n organisasie ter wêreld is wat 60000 manne vir ?n naweek kan laat saamtrek, kos gee en twee na drie ure voor die begin van elke sessie in die plek van samekoms saam sien sit rondom ‘n ou wat kitaar speel en liedere sing, of ‘n groep wat bymekaar staan en saam bid voor die sessies begin nie.

‘n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat 60000 manne saam op hul knieë gaan en God aanroep om hul land te heel.

Op pad terug hou ons in Montrose stil om diesel in te gooi en kos te koop. Naderhand het selfs KFC se personeel saam ge-amen as die manne in die toue oorweldigend “amen” onder leiding van die ou met die cowboy-hoed.

Ons is terug; Angus Buchan se God is saam met ons terug; ons het ‘n paar dinge van geloof geleer en dis ook saam met ons terug.

Ek het woord gehou en vanoggend stiltetyd gehad soos Angus ons geleer het. Ek is seker daar was duisende ander manne wat dit ook gedoen het.

Dinge in Suid Afrika is dus reeds besig om te verander. Die “Scotsman” is nie meer alleen op sy knieë nie, en hy is nie meer die enigste man wat doen wat sy God vir hom sê nie. Ons vir jou, Suid-Afrika!

Comments»

No comments yet — be the first.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.