God, ontwerper van formaat February 29, 2008
Posted by 555manne in 555 Manne.Tags: 555, 555 Manne, Afrikaans, deursigtigheid, God, Jesus, stories
trackback
Manne, hier is hy. My eerste aanslag op die wereld van “blogging”. Ek wil op hierdie blog, my gedagtes, en die van ander manne skryf. Ek sal graag hier oor enige iets wil gesels, van Aaron, tot Moses, tot die Sterre stelsel, tot Vergifnis en alles tussen in, dalks ‘n ding of twee oor die Sharks en die Bulle
Ek wil dit graag skoon hou en altyd tot eer van God, en wil sommer begin deur te vra of daar enige van julle is wat graag wil skryf, een of meer artikels, vir hierdie blog. Dit kan oor enige onderwerp wees, solank dit God eer.
Nou goed, genoeg daarvan.
Wie van julle het al die DVD reeks gesien van Louie Giglio ? – veral die een waar hy vertel van hoe groot is God en hoe groot is ons eintlik in die heelal. As jy nog nie dit gesien het nie stel ek voor jy kry die DVD en kyk hom deur.
Met hierdie in gedagte, wil ek vandag net gou vir julle vertel van ‘n flagellum. Ja Ja dit klink soos een of ander monster ding uit ‘n kinder spot prent, maar wat hy eintlik is, is ‘n bakteria wat in jou ligaam voorkom.

Nou hoekom sal jou nou ‘n bakteria wil noem en wat het dit met die hele spil te doen – dis mos amper ‘n tipe gogga – al dan nie. Ja, is ‘n tipe gogga – maar ‘n vriendelike een.
Nou die ou woon in jou ligaam en, van nature, moet hy rond beweeg, en dit is nou einltik wat ek onder julle aandag wil bring. Om dit in perspektief te stel, kan ‘n flagellum net onder ‘n elektron mikroskoop gesien word, en dit is wat dit so wonderlik maak. Manlike sperm is ‘n goeie voorbeeld van die tipe mikro organisme
Om te kan beweeg, het ‘n flagellum ‘n krul stert wat draai tussen 125 en 45000 revs per minute. Om die stert te kan aandryf het ‘n perfekte replica van ‘n elektriese motor in sy stert. Die motor se “shaft” is aan sy stert gekoppel en draai op twee perfekte “bearings”, kompleet met ‘n “stator”, “rotor” en “casing”.
Nou, my vraag is: Die mens het bestaan lank voor die “Common Single Phase Electric Motor” – so wie het die perfekte elektriese motor ontwerp nog lank voor die mens ‘n swembad gehad het ?
Irreducible Complexity: In “Darwin’s Black Box”, Michael Behe introduced the notion of irreducible complexity: “By irreducibly complex I mean a single system composed of several well-matched, interacting parts that contribute to the basic function, wherein the removal of any one of the parts causes the system to effectively cease functioning. ” [page 39] In the “Origins of Species” Charles Darwin wrote: “If it could be demonstrated that any complex organ existed which could not possibly have been formed by numerous, successive, slight modifications, my theory would absolutely break down.” [Sixth Edition, New York University Press, page 154] The complex biological motor that rotates the sperm’s tail (flagellum) is an irreducibly complex biological structure and cannot be built by “numerous, successive, slight modifications”. The flagellum rotates like the propeller of an outboard motor and is a beautiful marvel of wise and powerful engineering.
Borrowed and modified from Irreducible Complexity – http://reviewevolution.com/irreducibleComplexity.php
Borrowed and modified from Irreducible Complexity – http://reviewevolution.com/irreducibleComplexity.php
Like this:
Be the first to like this post.
Comments»
No comments yet — be the first.