Mighty Men April 27, 2008
Posted by 555manne in Mighty Men.add a comment
Hoe het konferensiegangers die naweek beleef? Werner Geere van Theresapark, Pretoria, vertel:
Wat die naweek in Greytown gebeur het, is ‘n teenvoeter vir alles wat negatief en beklaenswaardig was die laaste paar maande.
Kom ek vertel julle van ‘n rigtinggewende naweek in Suid-Afrika se geskiedenis, want manne is besig om op te staan en gemeenskappe te verander omdat een “Scotsman” op sy knieë gegaan en begin doen het wat sy God vir hom gesê het.
Toe ons bus Vrydag kort voor 07:00 uit Pretoria vertrek, was daar ‘n opgewondenheid oor wat die naweek voorlê.
Ons bus is die een wat vyf keer gaan staan het op pad Greytown toe ? die einste bus waar jy nie ‘n gemurmureer en gekla gehoor het oor ons so stadig vorder nie.
(Ons sou later verstaan dat die tyd wat ons langs die pad deurgebring het met herstelwerk, tyd was waarin God deur manne ‘n impak kon maak op een busbestuurder se lewe ? en ons was betyds vir die konferensie).
In die kampterreine is gesê dat ondanks die ure lange gewag in die verkeer om op die plaas te kom, daar nie een voorval was waar ‘n man sy humeur verloor het nie.
Toe ons teen 19:00 in die grootste tent ter wêreld sit en sien hoe die aankomende motors se ligte lang toue vorm uit verskillende rigtings oor die heuwels van KwaZulu-Natal, kon jy sien hoe manne se gemoed vol word van dankbaarheid oor die grootheid van God.
‘n Grootheid wat geopenbaar is daarin dat 60 000 manne by die konferensie opgedaag het waar 30 000 verwag is, dat almal elke ete geëet het, dat die geriewe voldoende was en jy nooit iemand hoor kla het nie.
‘n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat daar nie ‘n organisasie ter wêreld is wat 60 000 manne vir ?n naweek kan laat saamtrek, kos gee en twee na drie ure voor die begin van elke sessie in die plek van samekoms saam sien sit rondom ‘n ou wat kitaar speel en liedere sing, of ‘n groep wat bymekaar staan en saam bid voor die sessies begin nie.
‘n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat 60 000 manne saam op hul knieë gaan en God aanroep om hul land te heel.
Op pad terug hou ons in Montrose stil om diesel in te gooi en kos te koop. Naderhand het selfs KFC se personeel saam ge-amen as die manne in die toue oorweldigend “amen” onder leiding van die ou met die cowboy-hoed.
Ons is terug; Angus Buchan se God is saam met ons terug; ons het ‘n paar dinge van geloof geleer en dis ook saam met ons terug.
Ek het woord gehou en vanoggend stiltetyd gehad soos Angus ons geleer het. Ek is seker daar was duisende ander manne wat dit ook gedoen het.
Dinge in Suid Afrika is dus reeds besig om te verander. Die “Scotsman” is nie meer alleen op sy knieë nie, en hy is nie meer die enigste man wat doen wat sy God vir hom sê nie. Ons vir jou, Suid-Afrika!
5 Fases van Trauma April 27, 2008
Posted by 555manne in trauma.add a comment
Soms gebeur daar dinge in ‘n mens se lewe wat traumaties is vir die een wat dit ervaar, en deurdat ons almal van verskillende agtergronde kom is dit ‘n anderste ervaaring vir elke een. Party mense is beter toegerus om dood te verwerk as ander byvoorbeeld.
Na die daad, is daar verskeie emosies wat die persoon deurgaan, en soms, vir ons wat nie daar was nie, verstaan nie altyd hoekom die persoon soms “vreemd” optree in ons opinie.
Die 5 emosies of fases wat ‘n mens deur gaan is gelys hieronder, maar eers moet ek se, dit is nie noodwendig dat die persoon deur hulle sal gaan in volg orde of dat as die persoon klaar is met een dat hy of sy nie sal terug gaan na hom toe nie. Daar is party mense wat een sommer sal “skip” en daar is party mat baie lank sal bly by een.
Die eerste fase is: Ontkenning, dit is ‘n bewustelike of onbewustelike ontkenning van die ware feite wat verband hou met die gebeurtenis. Dit is ‘n selfbehoud meganisme en is baie natuurlik. Party mense bly op die blokkie en gaan nooit na die ander fases veral in gevalle waar die verandering in hul lewe geignoreer kan word, natuurlik die dood kan nie geignoreer word in die geval nie.
Die tweede fase is: Woede. Dit kan in verskeie maniere manifesteer, Kwaad vir jou self, vir ander, veral die naaste aan jou. Kennis hiervan, en die wete wat aan gang is in die persoon se lewe, kan jou help om nie te oordeel of betrokke te raak by sy woede nie, maar om liewers die persoon te laat uit woed.
Die derde fase is: Onderhandeling (“bargaining” in Engels). Hier sal die persoon met God probeer redeneer en tyd koop of ander omstandighede probeer vasstel. Die is veral met die dood so, maar ‘n tiener wat se meisie hom gelos het sal probeer met “Kan ons dan vriende wees ?” al weet hy dit sal nie die geval wees nie.
Die vierde fase is: Depressie. Partykeer die fase waarin die persoon voorberei vir die finale treuring. Dit is amper die “kleed reperteering” vir die finale tuis loopie. Dit kan gesien word as ‘n soort van ‘n aanvaarding met emosionele aanhangsels. Dit is normaal om verlies, hartseer, bedroefheid, vrees of onsekerheid te voel in die tyd. Die is ook normaal vir die persoon om partye van hierdie meer intens te voel as ander of van hulle glad nie.
Die vyfde fase is: Aanvaarding. In hierdie fase het die persoon al begin emosioneel homself los te maak van die omstandighede en begin aanvaar wat gebeur het of gaan gebeur, veral in die geval van dood, waar die persoon wat terminaal siek is aanvaar dat die dood kom, en die persoon wat agterbly, nog miskien deur al die fases nog moet werk, afhangende hoe naby hulle was aan die persoon wat terminaal was of is.
Dit is nie noodwendig dat almal al die fases beleef en intense beleef, maar, en dis die groot maar, as die persoon God ken, maak dit fases baie makliker om deur te gaan. Daar is ‘n een of meer van die fases wat “geskip” kan word, byvoorbeeld, depressie kan baie lig wees en gesien word as ‘n vorm van treur, en in meeste gevalle, glad nie medikasie benodig.
So, as jy iemand ken wat ‘n traumatiese ervaaring deurgaan, en jy herken die fases hierbo genoem, weet jy nou hoe om dit te hanteer – as dit persoon nie Jesus ken nie – stel hom voor – jy ken hom mos en as die persoon Jesus ken, verstaan wat hy geurgaan en bid vir hom of haar en as sy ‘n bord wil stukkend gooi – staan haar net by – maar dan weer, iemand wat Jesus ken sal nie gewoonlik sulke dinge doen.
So laat julle liggies skyn en laat die wat behoefte het vir jou vra wat jou so gemaklik deur die lewe laat gaan !!
